Agri Uur 13 Julie Francois Strydom

Loading player...
Die Senwes-groep van maatskappye het die afgelope boekjaar 'n stewige groei van 7,8% teenoor die vorige boekjaar getoon. 'n Nettowins van R303 miljoen is behaal. Daarmee saam het dié groep se verdienste voor rentebelasting met 17,6% vanaf R533 miljoen na R627 miljoen verhoog. Verdienste per aandeel het met 5,4% na 178,3 sent per aandeel gestyg. Francois Strydom, dié groep se uitvoerende beampte, sê dié goeie prestasie kom ondanks 'n uitdagende jaar. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...

(VIR DIE WEB: Strydom sê dié groep se inset pillare, soos hy daarna verwys, het die afgelope boekjaar dramaties herstel. Die groep se finansiele dienste het 'n voortgesette opbrengs herhaal ondanks 'n minder gunstige marktoegangskanaal, wat te doen het met 'n kleiner somergraan-oes wat behaal is in dié boekjaar wat twee produksieseisoene bevat het. Hy sê die oes wat ingesamel is, is in Oktober 2018 aangeplant en is in Mei tot Julie verlede jaar gestroop. Klimaatstoestande veral ten opsigte van reën was toe swak soos toestande in 2015 met 149 mm gemiddelde reën wat in die eerste ses maande voorgekom het. In die laaste ses maande van dié boekjaar het meer reën geval, wat opbrengste gehelp het, maar dit moet in ag geneem word dat die harde slag reeds toegedien is weens die droogtetoestande. Probleme met die gehalte van die somergraan-oes is ook ondervind. Hy sê egter al was dit uitdagende toestande het dié groep steeds goeie resultate gelewer, waarop hulle trots is.
12 Jul 2020 5PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes