Janse Rabie 10 Julie Agri-Uur

Loading player...
Waterregtehofbeslissing: Verlof om appèl gevra
'n Aansoek om verlof tot appèl rakend die oordrag van waterverbruiksregte word vandag in die Appèlhof in Bloemfontein ingedien. Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Vereniging van Waterverbruikersverenigings, die Doornkraal Besigheidstrust en die De Kalk Besigheidstrust bloedneus in dié verband gekry het. Die Hooggeregshof in Pretoria het teen die verkoop of verhandeling van watergebruiksregte beslis. Janse Rabie, Agri SA se hoof van natuurlike hulpbronne, sê dié organisasie het die Doornkraal Besigheidstrust in die verhoor geldelik ondersteun en het saam met die Suid-Afrikaanse Vereniging van Waterverbruikersverenigings, 'n belang in die uitkoms daarvan. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...

(VIR DIE WEB: Rabie meen die hooggeregshof het sy uitspraak op die doelstellings van die Nasionale Waterwet, 36 van 1998 gegrond, en nie die vraag wat aan hom gestel is rakende uitklaring oor die korrekte interpretering van Artikel 25 van dié wet, beantwoord nie. Agri SA se uitgangspunt is waterverbruiksregte gaan oor die doeltreffende verbruik van water en dit is onsinnig dat dié regte na 'n ander stuk grond oorgedra kan word, maar daar mag nie geld daarvoor gevra word nie.

Hy sê die kwessie van eienaarskap is vir dié organisasie belangrik, want eiendom is nie slegs tot grond beperk nie. Voorbeelde daarvan is dranklisensies en mynregte. Volgens hom lê 'n aftakenling van eiendomsregte en beskikkingsbevoegdhede oor eiendom Agri SA na aan die hart. Die belangrikse kwessie in verband met die oordrag van waterregte gaan oor doeltreffendheid en dit of gebruiksreg het 'n kommersiële waarde. Dit is 'n reg en hier is 'n groot beginsel ter sake. Daar word aanvaar dat water "in eie hande" nie in Suid-Afrika besit kan word nie en aan alle mense in die land behoort. Rabie voer aan daar is tog die reg om dit te gebruik, want dit is wel 'n eiendom. Rabie sê juis hieroor is daar groot kommer oor die hooggeregshofuits
9 Jul 2020 4PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes