Willem Kgomotshwane, plaaswerker Noord-Kaap Agri-Uur 7 Julie
Loading player...
Noord-Kaapse plaaswerker loof sy Skepper vir welkome reën
'n Plaaswerker van die Hopetown-distrik in die Noord-Kaap dank die Here vir die reën wat vroeër vanjaar 'n groot mate van verligting vir boere in droogtegeteisterde gebiede in dié provinsie gebring het. Willem Kgomotshwane, sê in 'n roerende klankgreep wat hy aan OFM-nuus gestuur het, hy is dankbaar vir dié reën in Februarie en Maart vanjaar. Kgomotshwane, van die plaas Smousdam wat deur dr. Stoffel du Toit besit word, sê droogtetoestande verlede jaar was reusagtig groot, maar danksy weldoeners se mildelike skenkings van veevoer en ander produkte is die wa deur die drif getrek. Hier is Kgomotshwane...
(VIR DIE WEB: Hy bedank elke boer en weldoener wat veevoer aan boere, wat swaar gebuk gegaan het onder dié droogtetoestande, vir hul goedhartige skenkings. Kgomotshwane sê daar was boere wat vragmotorvragte vol veevoer an hul medeboere, beskikbaar gestel het. Daarmee saam is daar groot dankbaarheid vir boere in dié provinsie, wat in Oktober en November verlede jaar rypskade aan hul koringgewasse gehad het, en toe van dié oeste as veevoer aan boere wat dit dringend benodig het vir hul diere wat swaar gely het, beskikbaar gestel het. Die rypskade het verdere druk op dié boere se kontantvloei geplaas, maar hulle het nieteenstaande steeds na ander wat in groot nood verkeer, uitgereik. Kgomotshwane gee alle dank daarvoor aan die Hemelse Vader.
Hy sê sonder dié waardevolle veevoerskenkings sou die situasie ten opsigte van die reuse impak van die droogte veel erger daarna uitgesien het. Kgomotshwane meen indien die droogte voortgeduur het en reën nie vroeër vanjaar in die somerreënvalgebiede voorgekom het nie, tesame met die Covid-19-pandemie, sou die situasie vererger het.
Kgomotshwane glo vas dat soos die Here verligting in terme van skenkings en reën in droogtegeteisterde gebiede van die Noord-Kaap voorsien het, sal Hy ook 'n uitkoms gee vir gemeenskappe wat nou swaartrek weens die Covid-19-pande