Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap Agri-Uur 7 Julie

Loading player...
#Agrink: Die regering trek nie meer kop uit om droogtehulp te verleen
Kouefronte, wat nou reën en sneeu in die Noord-Kaapse winterreënvalgebiede meebring, is 'n welkome sig vir boere in gebiede waar die droogte steeds 'n werklikheid is. Boonop hoop boere steeds vir meer van dié kouefronte, omdat die droogte nog nie in die Noord-Kaap gebreek is nie. Dit is volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, wat meen reën het in somerreënvalgebiede verligting gebring, maar dit het steeds kol-kol gereën en daar is steeds gebiede waar die droogte 'n werklikheid is. Hy sê dit is egter verblydend dat dit wil voorkom of die nasionale regering nie meer kop uittrek ten opsigte van droogtehulpverlening nie. Hier is Jansen...

(VIR DIE WEB: Hy sê daar is bevestig dat R36 miljoen in droogtehulp wel deur die regering vir die Noord-Kaap toegeken is. Die probleem is egter dit is al in Februarie vanjaar toegeken, maar weens die Covid-19-pandemie en die inperkingsregulasies wat daarmee saamgaan, was die betrokke regeringsdepartemente nie ten volle werksaam gewees nie. Dit is die rede wat deur die regering verskaf word vir dié geld wat nog nie in die Noord-Kaap beskikbaar gestel is nie, sê Jansen.

Agri Noord-Kaap het onlangs met die provinsiale rampbestuur vergader om in 'n poging om dié proses te versnel en sodoende toe te sien dat dié geld aan die korrekte gemeenskappe regverdig beskikbaar gestel word.

Jansen sê daarmee saam het die provinsiale landboudepartement 'n vroeë waarskuwingsverslag opgestel en die berekening daarin toon R433 miljoen word benodig om 30 vee-eenhede vir drie maande te stabiliseer. Die R36 miljoen wat aan die Noord-Kaap toegeken is, is steeds 'n druppel in die emmer, maar daar is groot dankbaarheid vir elke sent en die feit dat die regering ten opsigte van droogtehulpverlening nie kop uittrek nie.
Volgens hom is wetlike advies ingewin rondom regeringshulp in terme van rampe soos droogte. Daaruit was dit duidelik dat wanneer 'n ramp ont
6 Jul 2020 2PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes