Dr Johnny van der Merwe gesels vandag oor die jongste vleispryse.

Loading player...
Die bekende landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, gesels vandeesweek oor die jongste vleispryse. Volgens Van der Merwe het die gemiddelde speenkalfpryse opwaarts beweeg. Hy noem dat Wes-Kaap se pryse tans die laagste van al die provinsies is en dat minder diere tans in die mark is, hoewel die vraag sterk bly. Volgens hom bly skaapvleispryse meestal dieselfde met Noord-Vrystaat wat ‘n opwaartse kurwe toon. Van der Merwe noem ook dat lammers steeds skaars is met ‘n sterk aanvraag.
30 Jun 2020 11PM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes