
Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging betrokke by stropery van skaars en bedreigde plante
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het besluit om aktief betrokke te raak om stropery van skaars en bedreigde plante, te beveg. Die onwettige handel in hierdie soorte plante het die afgelope tyd skerp toegeneem. Daar is alreeds meer as R100 000 ingesamel om die Nasionale Parke by te staan met met noodsaaklike bewaringstoerusting. In die projek word plante ook gekweek vir moontlike hervestiging in ander gebiede.