Agri-Uur 29 Junie Christo van der Rheede

Loading player...
Voedselsekerheid in gedrang weens dieseltekorte
Agri SA is diep bekommerd oor die tekort aan diesel, wat boere nou in die binneland kniehalter. Dringende optrede van die regering in dié verband, word nou geëis, omdat dié tekorte voedselsekerheid bedreig. Christo van der Rheede, dié organisasie se adjunk-uitvoerende direkteur, sê graanboere is nou volstoom met die stroopproses aan die gang. Ander boere oes nou gewasse en voer hul produkte op groot skaal uit. Sonder diesel kan dié boere nie voortgaan met hul bedrywighede nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van der Rheede gepraat...

(VIR DIE WEB: Hy sê boere sit nou met hul hande in hul hare, want hulle kan nie dieselvoorraad bekom nie. Daarmee saam is 'n marginale styging in die prys van diesel, is nog 'n probleem.daar is voldoene dieselvoorraad volgens die Suid-Afrikaanse Brandstofbedryfsvereniging (Sapia), in die Durbanse hawe beskikbaar. Die groot probleem is egter die sabotasie van die die pyplyding van Durban na Johannesburg. Van der Rheede verwys na 'n verslag wat hy onder oë gehad het. Daarin word verwys na grootskaalse diefstal naby Secunda en Kendal waarby na bewering georganiseerde sindikate moontlik betrokke is. Die pyplyding word gevandaliseer om toegant tot die diesel te verkry. Hy sê die verslag toon ook dié voorvalle vind op 'n gereelde grondslag plaas. Dít laat die vraag ontstaan waarom die polisie nie optree daarteen nie.
28 Jun 2020 3PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes