Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Loading player...
Laubscher sê dit is verblydend dat regerings besef die keer en bestuur van die verspreiding van die Covid-19-pandemie is maar slegs deel van ‘n hele proses. Namate daar meer ag geslaan word op die werklike waarde van modellering van moontlike uitkomste van die verloop van die pandemie, omdat nuwe data nuwe oplossings genereer, word regerings meer vatbaar vir meer risikoneming. Dit is al hoe duideliker dat ná-pandemie beleid ‘n anderse appèl het op diegene wie belas gaan wees met die heropbou van die land.

Hy sê vroeë aanduidings is dat te midde van betekenisvolle inkrimping van die ekonomie met ongekende omvang, is die goeie vertoning van die landboubedryf ‘n buitengewone anker. ‘n Byna rekord somergraanoes slaan nie net die voedselonsekere spook dood nie, maar is doeltreffend invoervervangend te midde van ‘n baie weerbare wisselkoers. Die bedryf voorsien ook kos oor grense heen.
24 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes