
Landboubyeenkomste en –kompetisies is uitgestel as gevolg van Covid-19
Loading player...
Die Sussex Telersgenootskap het aangekondig dat hul Eeufeesvieringe en feesprogram na 2021 uitgestel is. Die beplanning word ook gedoen om dit volgende jaar weer tydens Bloemskou aan te bied. Tydens hierdie beplande byeenkomste, sal die Nasionale Kampioenskappe weer plaasvind. Die Landboustudent van die Jaar-kompetisie is ook intussen uitgestel na volgende jaar. Volgens die organiseerders sal besonderhede rakende die kompetisie binnekort bekendgemaak word.