
Dieseltekorte knou landboubedryf en ander bedrywe
Loading player...
Die tekort aan dieselvoorraad in die sentrale binneland knou nie slegs boere in Noordwes nie, maar delwers en ander bedrywe word ook nou geraak. Hugo Viljoen, 'n saai- en veeboer, wat boonop delf, sê boere, en delwers in die Schweizer -Reineke gebied in Noordwes, kan nie voortgaan met hul onderskeie bedrywighede nie. Viljoen het reeds sy dieselreserwes uitgeput. Hy het aan OFM-nuus se bestuurder van nuus, Cathy Dlodlo, gesê die laaste twee tot drie weke sukkel mense in verskeie bedrywe in dié distrik om produktief te wees, te midde van die tekort aan dieselvoorraad.