Dieseltekorte 'n besprekingspunt vandag met Sapia

Loading player...
Boere in die sentrale binneland asook in ander provinsies in die land, ondervind 'n tekort aan dieselvoorraad, en die situasie vererger nou. Dr. Requiere Wait, hoof van ekonomie en handel by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, sê dit is nie slegs in Noordwes, die Vrystaat en die Noord-Kaap waar boere tekorte ondervind nie. Meer provinsies in die binneland word geraak. Hy sê egter Agri SA vergader weekliks met die Suid-Afrikaanse Brandstofbedryfsvereniging, Sapia, oor kwessies met betrekking tot die brandstofbedryf. Wait sê Agri SA, asook verteenwoordigers van Graan SA (GSA) en die Landbousakekamer, Agbiz, vergader vandag met Sapia en dié tekorte sal na verwagting ook onder die loep kom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat....
23 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min