
Dr Frikkie Mare reageer oor die dringende interdik van die DBV oor die uitvoer van skape per skip
Loading player...
Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Univeriteit Vrystaat, gee sy mening oor die hofinterdik van die DBV oor die uitvoer van lewendige skape per skip. Die uitvoer van lewendige skape na die Midde-Ooste is ‘n belangrike skakel en mark vir die Rooivleisbedryf. Mare is van mening dat dit sou kon help om die binnelandse vraag na skaapvleis te verhoog. Die verbod se toestaan, aldan nie, gaan verseker ‘n invloed uitoefen op die bedryf. Volgens hom moet produsente versigtig wees om nie die beeld van die rooivleisbedryf te skaad met vals beriggewing wat ontvang is uit sekere media-oorde nie.