Boere is kwaad oor aanvalle op plase en kleinhoewes

Loading player...
Die reg moet nou sy gang gaan en die nodige ondersoeke moet gedoen word. Dit is volgens Bernard Maree, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se streekslandbouvereniging in die Tweespruit gebied, nadat 'n bejaarde boer, John Parr, sy vrou en hul skoonseun Sondagoggend in hul plaashuis deur vyf mans gedreig en beroof is. Maree sê dit is 'n wonder dat die slagoffers nie ernstige beserings opgedoen het nie. Twee van die verdagtes is in 'n skietery in die plaashuis noodlottig gewond. Maree sê nog 'n verdagte is gewond en word in 'n hospitaal behandel. 'n Vierde verdagte is na 'n soektog deur boere van die distrik in 'n boom gekry. 'n Vyfde verdagte is steeds soek. Christal-Lize Muller het met Maree gepraat...
22 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes