
Die politieke ontleder, Theo Venter, gee ‘n perspektief oor die jongste verligting van die huidige inperkings
Loading player...
Die politieke ontleder, Theo Venter van die NWU Besigheidskool in Potchefstroom, gee ‘n perspektief oor die jongste aankondigings deur die Staatspresident van “verligting” op Fase 3 van inperking. Venter verduidelik dat baie van die land se inwoners eintlik al klaar na ‘n volgende vlak beweeg het en dat die regering in hierdie stadium eerder volg as wat hulle leiding neem. Die beginsel van verantwoordelik oordra na die gewone landsburgers, eerder as na die regering, is nou duidelik merkbaar.