
Wildswinkel: GWK Veewinkel-toep was regte besluit
Loading player...
Dit was al vir 'n geruime tyd in Wildswinkel, die gevestigde aanlynplatform vir wildsveilings, se visier om die veebedryf te betree. Daarom het dié voorloper in die wildsbedryf ten opsigte van veilings, nie geskroom om met GWK Veilings saam te span nie. Hulle het 'n nuwe toep vir aanlynveilings van lewende hawe asook eiendom gevestig. Die oud-Springbokrugbyspeler, Victor Matfield, wat die hoof uitvoerende beampte van Wildswinkel is, sê hulle het die afgelope drie jaar gefokus op tegnologiese ontwikkeling en het in dié tydperk 'n verbruikersvriendelike aanlynplatform in plek gestel. Hy sê die samewerkingsooreenkoms met GWK Veilings om die nuwe GWK Veewinkel-toep bekend te stel is 'n wen-wen situasie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Matfield gepraat...