
Pieter Moller berig vandag oor landbounuus uit Australie se suiwelbedryf
Loading player...
Die landbounuus-agentskap Dairy Global berig dat ‘n nuwe stelsel aan die Universiteit Sydney ontwikkel is wat mankheid outomaties by suiweldiere kan opspoor. Mankheid is ‘n voortslepende probleem in die suiwelbedryf en een van die siektes wat die grootste finansiele impak vir melkboere inhou. Food Navigator berig ook oor die bekendstelling van die eerste plantgebasseerde Milo wat in die land ontwikkel is. Volgens die maatskappy wat dit ontwikkel het, sal daar geringe verskille met die oorspronklike Milo-drankie wees.