Drakensberger-genootskap bied nasionale veiling aanlyn aan

Loading player...
Onsekerheid oor die aanbieding van die Drakensberger-telersgenootskap se nasionale veiling het daartoe gelei dat dié genootskap alternatiewe wyses ondersoek het om af te wyk van die tradisonele wyse van aanbieding. Henk Delport, adjunkpresident van die Drakensberger-telergenootskap, sê hulle het besluit om 'n aanlyn nasionale veiling te hou. Dié veiling wat oor twee dae plaasvind begin eerskomende Maandag. Hy sê daar is 'n katalogus wat fotos en videos van die diere wat aangebied word, bevat. Dit stel voornemende kopers in staat om dragtige koeie en bulle te besigtig waarin hulle belangstel. Besoek kan ook afgelê word aan verkopers op hul plase om dié diere self te sien. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Delport gepraat.
18 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes