Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Loading player...
Hy praat oor volhoubare kosproduksie wat steeds 'n sterk strategiese dryfveer is. Laubscher meen dit sal verkeerd wees as die Covid-19 pandemie soveel aandag geniet dat daar vergeet word van die veelvuldige ander uitdagings wat die mensdom in die gesig staar. Een daarvan is die feit dat die wêreld nie in staat gaan bly om voldoende kos te produseer vir groeiende bevolkings nie. Planne om hierdie uitdaging die hoof te bied word telkens ontwrig deur groeiende probleme, waaronder aardverwarming seker die belangrikste uitdaging bied. Kroniese hongersnood en voedselonsekerheid bly endemies en dit word nou uitgelig weens teen-pandemie maatreëls.
In ‘n soeke na moontlikhede om voedselsekuriteit ná die Covid-19-pandemie weer op koers te kry gaan die klem op landbou se aanpasbaarheid val.

Skadelike kweekhuisgasse weens kosproduksie van dierlike oorsprong is hoog op die lys en daar word reeds geraam dat Amerika teen 2030 vir tot 70% van vleisverbuik van sogenaamde moderne produksiemetodes afkomstig sal wees. Na raming sal slegs 40% van globale vleisverbruik van konvensionele vleisoorsprong wees, sê hy.
17 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes