Dieseltekorte kniehalter boere wat nou moet stroop

Loading player...
Boere trek aan die kortste ent weens die tekort aan diesel in die land. Kobus van Zyl, 'n boer van die Allanridge/Wesselsbron-distrik in die Vrystaat, sê produsente sukkel om diesel in die hande te kry en daar word verskeie verskonings aangebied. Dit sluit onder meer in diefstal in die pyplyn van Durban na Johannesburg, terwyl raffinaderye aanvoer dat hulle sukkel om ru-olie in die hande te kry. Hy sê vir produsente is die situasie van so 'n aard dat hoe langer hulle wag om te stroop, hoe meer dok hulle op in rente. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
17 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min