
Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse
Loading player...
Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit, bespreek die week se jongste vleispryse. Volgens hom verskil pryse van area tot area . Speenkalfpryse het weer sywaarts beweeg hierdie week. Die hoogste pryse is in Mpumalanga behaal. Slagpryse in die land word ook vergelyk en Van der Merwe gee ook die gemiddelde pryse wat behaal is in Noord-Vrystaat. Goeie vraag en beperkte beskikbaarheid het ook ‘n rol gespeel. Die versterking in die wisselkoers het egter ‘n verdere negatiewe effek op pryse van hoender gehad. Wol- en varkpryse word ook bespreek.