Drakensberger-genootskap skroom nie met droogtehulpverlening

Loading player...
Lede van die Drakensberger-beestelersgenootskap​ het nie twee keer gedink om droogtehulp te verleen aan medevoere in nood nie. Henk Delport, adjunkpresident van dié genootskap, sê daar is 'n noue band tussen die genootskap se lede en toe die noodkrete van boere in die Kalahari en Namibië begin instroom, het die genootskap nie geskroom om 'n helpende hand te verleen nie. Hy sê dit het alles begin toe 'n boer in die Bothaville-distrik in die Vrystaat gras wou skenk aan boere, wat weens die droogte swaartrek. Dié genootskap het toe ingetree en geld beskikbaar gestel. Gemeenskappe in KwaZulu-Natal het ook geldelik bygedra. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Delport gepraat...
16 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min