
Boere Droogtehulp SA reik uit na gemeenskappe ondanks Covid-19-inperkingsregulasies
Loading player...
Die nie-winsgewende maatskappy, Boere Droogtehulp SA, stoom voort om hulp aan landbougemeenskappe in dorre gebiede van die Noord- en Oos-Kaap te verleen. Chris van Beljon, stigter van dié maatskappy, sê hulp is deurlopend sedert die aanvang van die nasionale Covid-19-inperkingstydperk aan boere verleen. Hoofsaaklik veevoer is versprei in dié gebiede, maar selfs kospakkies is uitgedeel aan gemeenskappe wat in nood verkeer. Hy sê dié maatskappy verleen ook nou hulp aan gemeenskappe in onder meer Rustenburg en Bloemfontein wat kosnood ervaar weens die impak van dié pandemie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Beljon gepraat....