Jagbedryf gee 'n tree vorentoe met opheffing van verbod

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse wildbedryf is dankbaar dat hulle 'n tree vorentoe kan neem danksy die verbod op die binnelandse jag van wild, wat opgehef is. Die jag van wild is in die vroeë inperkingstydperk weens die Covid-19-pandemie verbied, maar dit kan nou in vlak 3 weer geskied. Wiaan van der Linde, adjunkpresident van Wildbedryf SA, sê dié bedryf se inkomstestrome is sedert Maart vanjaar afgesny, maar binnelandse jagters wat wildsplase nou weer kan besoek, word met ope arms verwelkom. Hy sê daar word plaaslik na biltonjagters verwys en al kan trofeejagters van die buiteland nie soos in vorige jare na Suid-Afrika stroom om te kom jag nie, is die binnelandse jagmark groot met 'n omset van R8 miljard jaarliks. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van der Linde wat ook die eienaar van Wintershoek Safaris is, gepraat...
16 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes