Pieter het ‘n bekende Beefmaster stoetery in die Wolmaransstad-distrik gaan besoek

Loading player...
Die Petana Beefmasters Stoetery in die Wolmaransstad-distrik van die Noordwes Provinsie, is ‘n bekende stoetery wat later vanjaar hulle 23 ste produksieveiling hou. Tydens ‘n besoek aan die plaas, het ons meer uitgevind oor waar die voorliefde vir die spesifieke ras ontstaan het. Die Koekemoer-familie, bestaande uit Peet Koekemoer (Snr), Peet (Jnr) en sy vrou Anel, bestuur die beesboerdery al vir dekades lank en hulle vertel van kruistelings en hoe hulle beesgetalle vermeerder. Goeie weiding en goeie genetika maak, volgens hulle, ‘n groot deel van die sukses uit. Die gesin is ook oortuig dat die gemengde boerdery die beestelery goed aanvul en dat dit deel is van hul suksesverhaal.
14 Jun 2020 11PM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes