
Onlangse kansellasie van wolverkope in Australie.
Loading player...
Die nuusagentskap ABC-News berig dat ‘n kuberaanval onlangs verantwoordelik was vir die kansellasie van wolverkope in Australie. Die maatskappy wat verantwoordelik is vir die verkope van wol in Nieu-Zeeland en Australie, is gedreig met sogenaamde losprysware, wat onder andere insluit die bekendmaking van hul data of die blokkering van data totdat ‘n sekere losprys betaal word. Die maatskappy het egter vir wolmakelaars gerusgestel dat hul data veilig is, maar dat sekere data tydelik geblokkeer was.