Petrus van Heerden direkteur Beeswinkel

Loading player...
Die aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel, sprei nou sy vlerke na Namibië. Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel, sê hulle is deur boere in Suid-Afrika se buurland genader om ook soos in Suid-Afrika doeltreffend deur middel van aanlynveilings met mekaar handel te kan dryf. Hy sê Beeswinkel, wat al vir meer as twee jaar een van die voorlopers is in terme van dié verhandelingsplatform, het 'n paar jaar gelede voorsien dat daar 'n aanlynrewolusie in Suid-Afrika gaan plaasvind. Hulle het besef dat dié tipe veilings daagliks aangebied kan word. Volgens Van Heerden fokus Beeswinkel op kostebesparing vir boere en voerkrale wat lei tot beter marktoegang, deursigtigheid, naspeurbaarheid en biosekuriteit. OFM-Nuus se Christal-Lize Muller het met Van Heerden gepraat
14 Jun 2020 2PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Longontsteking onder vee kom nou toenemend voor

Longontsteking onder vee kom nou toenemend voor. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte en die behandeling daarvan.
22 Mar 11PM 5 min