
NWK: Goeie beplanning van groot belang ná goeie oeste
Loading player...
Die landboubesigheid, NWK, moedig produsente en gemeenskappe aan om goed te beplan noudat goeie graanoeste verwag word. Theo Rabe, hoof uitvoerende beampte van NWK, sê boere in Noordwes, waar dié landboubesigheid diep wortels het, is baie geseënd en dankbaar ten opsigte van die goeie oeste wat gelewer word, veral nadat die voortslepende droogte in gedeeltes van dié provinsie boere op hul knieë gedwing het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Rabe gepraat..