
‘n Interessante landbou webinar word vanmiddag aangebied
Loading player...
Dr Johnny van der Merwe, landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit, gee ‘n voorskou van vanmiddag se landbou-webinar wat om 16:00 gaan plaasvind. Die webinar gee ‘n vooruitsig van markpryse in die graan-, sowel as in die vleisbedryf. Van der Merwe, wat ook Uitvoerende Bestuurder van AMT is, is wyd bekend vir ekonomiese vooruitskattings wat vir veskeie landboubedrywe gemaak word. Volgens hom, is daar verseker positiewes wat uit die Covid-19 pandemie vir die landbousektor gehaal kan word.