
NWK, produsente pak kosnood in gemeenskappe aan
Loading player...
Honger mense is desperate mense. Daarmee saam het Suid-Afrika al voor die aanvang van die Covid-19-inperkingsregulasies 'n sukkelende ekonomie gehad. Al hoe meer mense begin nou honger ly. Daarmee saam is die regering se inkomstebronne beperk. Die landboubesigheid, NWK se hoof uitvoerende beampte, Theo Rabe, sê die regering se hulpverleningspakkette is ook nie volhoubaar nie. Groot chaos kan verwag word as dié fontein opdroog. Hy sê NWK het daarom besluit om die Landboubesigheidskamer, Agbiz, en Graan SA (GSA) se Agri Waardeketting-verligtingsprojek te ondersteun. Dit behels graanskenkings deur produsente, wat dan na witmieliemeel verwerk word en onder gemeenskappe versprei word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat ...