
Die regering weet nie waaroor dit gaan as dit by Covid-19-regulasies kom nie
Loading player...
Die Vryheidsfront Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, blameer die regering vir sy swak optrede ten opsigte van die hantering van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika. Volgens hom staar die regering nie die werklikheid op grondvlak ten opsigte van die waardeketting in landbou, maar ook die gewone gang van sake, in die gesig nie. Hy sê dit gaan nog steeds sy verstand te bowe dat plaas- en buurtwagte nie patrollering in gebiede tydens vlak 5 en vlak 4 van die nasionale staat van inperking, kon uitvoer nie. Groenewald meen hulle kon 'n geweldige groot ondersteunende rol gespeel het. Daarmee saam het aanvalle op plase en kleinhoewes tydens vlak drie van die inperking toegeneem. Groenewald se reaksie kom nadat die polisie die verbod op buurt- en plaaswagte tydens vlak-3 van die inperking opgehef het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...