
Dr Frikkie Mare van die Universiteit Vrystaat, gesels oor die toekoms na #Covid-19
Loading player...
Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, voorspel hoe die ekonomie moontlik gaan uitsien in die toekoms na Covid19. Daar het alreeds verskeie veranderinge plaasgevind voor die pandemie, soos die voerkraalbedryf wat grootskaalse veranderinge hier plaaslik en oorsee ondergaan het. Hy is ook van mening dat verbruikersvoorkeure ook verander het en mense leef en eet oor die algemeen gesonder. Volgens Mare is daar ook verskeie internasionale faktore wat hy kortliks beskryf. Hy voorspel die konsep van nis-krale in die toekoms. Mare meen ook dat naspeurbaarheid en hulle stelsels mededingendheid in die toekoms gaan verseker.