
AGRI SA: Veediefstal neem toe weens inperkingsverbod op plaaswagte
Loading player...
Die VF Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, het die polisie se aankondiging dat buurt- en plaaswagte weer toegelaat gaan word om gebiede te patrolleer, verwelkom. Hy sê dit is egter steeds frustrerend dat die polisie dit só laat bekendgemaak het. Volgens hom is dié betrokke regulasie meer as nege dae gelede deur die minster van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini Zuma, uitgevaardig. Hy sê buurt- en plaaswagte sou ingevolge dié Covid-19-regulasie weer voortgaan met patrollering, maar daar het verwarring daaroor geheers, wat nou eers met dié polisie-kennisgewing, uit die weggeruim is. Intussen sê Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, daar was sporadies 'n toename in veediefstal in sekere fokusgebiede die afgelope paar maande. Hy skryf dit toe aan die regering se verbod op die patrollering van gebiede deur plaaswagte, tydens die eerste twee vlakke van die Covid-19-grendeltydperk. Volgens hom bly bloere egter verantwoordelik vir hul veiligheid en hulle moet voortdurend hul paraatheid opskerp. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...