
Dr Johnny van der Merwe gee ‘n oorsig van vleispryse en -markte gee.
Loading player...
Dr Johnny van der Merwe gee ‘n vooruitskatting van vleispryse en -tendense in die wereldmarkte. Volgens hom varieer vleispryse tans redelik baie en hang dit af van die kwaliteit dier wat ‘n produsent het. Daar is meer diere in die mark as gevolg van die koue toestande, maar pryse kan as stabiel beskou word. Slagpryse vir beesvleis het meer sywaarts beweeg as daar na week-op-week pryse gekyk word. In die skaapbedryf was daar ‘n skerp styging in stoorlampryse wat alreeds sy hoogtepunt bereik het en hierdie week weer begin daal het.