
Vooruitskatting van graanpryse vir die onmiddellike toekoms
Loading player...
Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit en Hoof Uitvoerende Bestuurder van AMT, gee vandag ‘n oorsig en vooruitskatting van graanpryse wereldwyd. Volgens van der Merwe speel die “oopmaak” van die markte weer ‘n belangrike rol in die bepaling van huidige pryse. Hy meen dit is ook tyd om na meer “normaliteit” toe terug te keer. Die versterking in die wisselkoers veroorsaak ook beter graanpryse. Goeie aanplantings in die VSA en die spanning met handelsooreenkomste met China, het ‘n verdere invloed op graanpryse wereldwyd.