Wesselsbron-graanboer plant koring aan vanuit vliegtuig weens nat toestande
Loading player...
Die stroopproses van hoofsaaklik mielies in die Wesselsbron-gebied, wat een van die sentrale binneland se grootste mielieproduserende distrikte is, is nog nie volstoom aan die gang nie. Dit is weens nat toestande. Aser Nel, 'n boer van dié distrik, sê dit was 'n goeie seisoen ten opsigte van sy mielie-aanplantings. Hy kon binne die optimum-plantventer aanplantings doen weens goeie reën na droogtetoestande die vorige seisoen. Daar is groot dankbaarheid vir dié bogemiddelde reën al het dit by tye té veel gereën.
Oordragvog het toe veroorsaak dat enkele gedeeltes van sy landerye versuip het. Nel sê hy stroop al plek-plek die afgelope twee weke, maar hoop dat dit nou ten volle op dreef gaan kom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...