
Diereproteïene sal altyd daar waar, maar gee plantproteïene 'n kans
Loading player...
Die produksie van diereproteïene vorm 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar daar is bestaande geleenthede wat oorweeg kan word in terme van alternatiewe plantproteïene. Chris Potgieter, hoof van privaat-kliënte sekuriteite by Old Mutual Wealth, sê dié alternatiewe proteïene, wat plant-ekstrak en gefermenteerde proteïene insluitm is nie 'n nuwe verskynsel in die wêreld nie. Hy sê in terme daarvan beskik die wêreld, insluitende Suid-Afrika, oor die nodige insig en daarom is daar gulde geleenthede uit 'n beleggers, en produksie oogpunt vir dié alternatiewe proteïene. Dit is in sy mening binne Suid-Afrika se bereik, maar die geleenthede moet net raakgesien word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Potgieter gepraat...