
Goeie binnelandse tabakmark word deur sluikhandel gekniehalter
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse tabak-oes is dié seisoen van hoogstaande gehalte. Dit is volgens Francois van der Merwe, 'n tabakboer en 'n direksielid van Limpopo Tobacco Processors in Rustenburg in Noordwes, wat meen die land het ook van die beste tabakboere ter wêreld. Hulle kan onder die moeilikste klimatologiese toestande steeds met die wêreld se beste tabakboere kompeteer. Daarom word plaaslike tabak in prima handelsmerke verbruik. Van der Merwe sê die binnelandse mark is uitstaande en saam met die goeie oes is die Suid-Afrikaanse regering in die proses om dié bedryf nou te kniehalter. Hy meen die plaaslike tabakbedryf se besigheid loop dood weens die verbod op tabakprodukte weens die Covid-19-inperkingsmaatreëls. Die verbod moet dringend opgehef word vir wettige tabakhandel of sluikhandel gaan dié bedryf in geheel kelder. Dit gebeur reeds. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...