#Covid19: Tabakverbod is irrasioneel en gaan bedryf kelder

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse regering se standpunt dat mense veral in townships, wat saam aan 'n sigaret rook, kan bydra tot die verspreiding van die Covid-19-pandemie, is 'n irrasionele argument. Francois van der Merwe, 'n tabakboer en 'n adviseur in die tabakbedryf, sê dié argument het sekerlik ook daartoe bygedrae dat die verbod op tabakprodukte aanvanklik opghef sou word, maar daarna weer beperk is. Hy meen mense wat sigarette deel, deel ook ander items soos koeldrankbottels en borde kos. Daarmee saam dra peperduur onwettige sigaretpakkies nou daartoe by dat mense minder daarvan koop, maar dit steeds met mekaar deel. Van der Merwe, wat ook 'n direksielid van Limpopo Tobacco Processors in Rustenburg is, sê daarom het die regering nie 'n goeie argument nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
1 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min