
#Senwes: Suid-Afrikaners gaan beter en sterker uit Covid-19 kom
Loading player...
Die werklikheid van die Covid-19-pandemie kan oorweldigend wees as daar na té veel geraas daaroor geluister word. Suid-Afrikaners het 'n ongelooflike vermoë om verandering te hanteer en kan weer deur dié krisistydperk kom. Dit is volgens Francois Strydom, die Senwes-groep se uitvoerende beampte, wat meen Suid-Afrikaners is gewoond aan uitdagings en dit word tydens dié Covid-19-pandemie opnuut bewys. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat oor sy toekomsverwagtinge en onderhandelings wat aan die gang is waarin Senwes vir Suidwes Landbou wil kapitaliseer.