Wolkmarkverslag - 29 Mei 2020 9verskaf deur Cape Wools SA)
Loading player...
Ons verskaf vanoggend 'n wolmarkverslag oor die afgelope week se nasionale wolveiling in Port-Elizabeth. Dié verslag word deur Cape Wools SA verskaf. Dit toon dat daar op die 27ste veiling van die 2019/20 wolseisoen 'n aanbod van 7 709 bale was. Altesaam 77,7% daarvan is verkoop. Die mark het met 3,1%, of 466 punte, verswak teen 'n waarde van R145,03 per kg. Die Australiese EMI het met 2,0% afgeneem. Daarmee saam het die Rand 1,8% sterker teenoor die Amerikaanse Dollar verhandel. Die Rand het ook 'n 0,8% toename teenoor die Euro getoon en die mark het met 1,3% verswak in terme van die Amerikaanse Dollar.
Volgens dié verslag het kopershuise, ondanks moeilike marktoestande, aktief meegeding. Dit ondanks druk op die plaaslike mark weens die versterking van die Rand teenoor die Amerikaanse Dollar. Die aanbod van wol het hoofsaaklik uit medium lengte wol bestaan. Lang fynwol het weer eens beter as die gemiddeld vertoon, terwyl oorsterk en kort wol die mees afwaartse druk ondervind het. Die grootste kopers op die veiling was, Standard Wool SA, Lempriere SA, Modiano SA en Stucken & Co.
Die gemiddelde skoonwolprys vir seleksie in die verskillende mikron-kategorieë, wat bestaan uit goeie, lang kam-woltipes was soos volg: 18,0 mikron wol het met 5,5% gedaal en teen R168,89 per kg gesluit, terwyl 18,5 mikron wol met 4,1% afgeneem het en teen R162,16 per kg gesluit het. Vir die volledige skoonwolprys in die onderskeie mikron-kategorieë besoek http://www.ofm.co.za.
(VIR DIE WEB: Daarmee saam het 19 mikron wol verlaag met 4,4% en teen R156,22 per kg gesluit, terwyl 19,5 mikron wol met 1,4% verswak het en teen R155,71 per kg gesluit het. 20 mikron wol het met 3,4% afgeneem en op R147,08 per kg gesluit.