
Safex Verslag - 27 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)
Loading player...
Mielies: · Die internasionale energiepryse het steeds ʼn impak op die Amerikaanse mieliemark, met die Amerikaanse verbruik wat daardeur beïnvloed word. · Die Amerikaanse aanplantings bly steeds ʼn groot aspek van die mark en die verwagting is dat die aanplantings hierdie seisoen naby aan rekord vlakke sal wees. · Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R34/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 372/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R39/ton laer verhandel om teen R2 496/ton te sluit. Sojabone: · China koop steeds baie Suid-Amerikaanse sojabone aan met die Suid-Amerikaanse sojabone wat steeds goedkoop is. · Die Amerikaanse sojaboon uitvoere is steeds beperk, maar behoort in die 2de helfte van die seisoen toe te neem wanneer die Suid-Amerikaanse voorrade begin daal. · Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R17/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 258/ton te sluit. Koring: · Die Amerikaanse koringmark verhandel gemeng met die swakker doller wat ondersteuning aan die mark bied, terwyl goeie produksietoestande in die EU die mark onder druk hou. · Die Russiese koring produksietoestande vir die nuwe seisoen lyk goed. · Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R41/ton laer verhandel om teen R5 309/ton te sluit.