Safex Verslag - 26 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies: · Die Amerikaanse mieliemark was gister gesluit weens ʼn openbare vakansiedag en daar het nie verhandeling plaasgevind nie. · In die Oekraïne is die lente-aanplantings vir die seisoen 96% voltooi en alhoewel die verwagting is dat hierdie seisoen se graan produksie in die Oekraïne laer behoort te wees as die vorige seisoen se produksie behoort die Oekraïne steeds ʼn groot uitvoerder van mielies te wees. · Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R9/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 401/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R16/ton laer verhandel om teen R2 532/ton te sluit. Sojabone: · Die verwagte wêreld verwerking van sojabone behoort hierdie seisoen laer te wees as wat aanvanklik verwag was en die nuutste skattings is afwaarts aangepas vanaf die vorige skatting wat ʼn maand gelede gedoen was. · In die VSA is die jaar tot datum sojaboon uitvoere ongeveer 31% laer as die vorige seisoen se jaar tot datum uitvoere. · Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R122/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 235/ton te sluit. Koring: · In Frankryk word die sagtekoring se produksietoestande op 57% goed tot uitstekend geskat wat 2% beter is as die vorige week se skatting. · In die Oekraïne is die koring uitvoere vir die 2019/20 seisoen nou baie naby aan die hoeveelheid waarop die uitvoerbeperkings vir die seisoen gestel is wat beteken die koring uitvoere vanaf die Oekraïne sal drasties afneem verder die seisoen. · Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
25 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes