
Droogte se impak raak aanbod van wol op mark steeds
Loading player...
Die wol wat ontvang is in makelaars se pakhuise op die mees onlangse nasionale wolveiling in Port-Elizabeth was laer teenoor die ooreenstemmende tydperk van die vorige seisoen. Heindrich Victor, bestuurder van veselbemarking en spesiale dienste by OVK, meen daar is verskeie faktore wat daartoe bydra. Die belangrikse daarvan is die droogtesituasie in sommige produksiegebiede in die land. Hy sê die nadraai van die droogte die vorige seisoen, duur nog in sekere gebiede voort en word selfs as die ergste in menseheugenis beskou. Skeertye wat deur boere aangeskuif is weens die nasionale Covid-19-inperkingstydperk het ook 'n rol gespeel. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Victor gepraat...