
Safex Verslag - 22 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)
Loading player...
Mielies: · Die nuutste weeklikse etanol produksiesyfer in die VSA het aangedui dat die weeklikse etanol produksie vir die week weer opgetel het wat positief is vir Amerikaanse mielie-verbruik. · Die mark is steeds vasgevang tussen die goeie verwagte produksie vir die seisoen en die verbruik wat besig is om te herstel. · Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R34/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 449/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R36/ton laer verhandel om teen R2 578/ton te sluit. Sojabone: · Alhoewel die vraag na sojabone in China steeds sterk is, en dit die internasionale markte ondersteun, is daar steeds spanning in die handel tussen die VSA en China. · Die verwagting is dat die Amerikaanse uitvoerverkope vir die week is dat die effens laer behoort te wees as die vorige week se uitvoerverkope. · Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R67/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 420/ton te sluit. Koring: · Alhoewel gedeeltes van die Swartsee streek se produksietoestande beter lyk is die verwagting in Rusland dat die koring produksie vir die seisoen laer behoort te wees. · Die verwagting in die VSA is dat die koring opbrengste vir die seisoen baie wisselvallig behoort te wees hierdie seisoen. · Die plaaslike koringmark het gister meestal gemeng verhandel vir die dag met die Mei kontrak wat ondersteuning gevind het terwyl die verder maand kontrakte onder druk gekom het. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R20/ton hoër verhandel om teen R5 550/ton te sluit.