Agri SA behaal sukses om landbou-water bekostigbaar te hou

Loading player...
Landbou-water is steeds bekostigbaar danksy suksesvolle onderhandelings met die regering deur Agri SA. Wayman Kritzinger, voorsitter van Agri SA se komitee vir natuurlike hulpbronne, sê dié organisasie verwelkom die regering se beperkte verhogings in die voorgestelde rouwaterkoste vir die besproeiingsbedryf vir die nuwe boekjaar. Dit kom nadat dié organisasie tydens konsultasies met die Departement van Water en Sanitasie gevra het dat die voorgestelde styging in waterhulpbron-infrastruktuurkoste tot 16,5% beperk moet word. Dit is deur die departement goedgekeur en verlede week amptelik gepubliseer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Kritzinger gepraat.
21 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min