Safex Verslag - 21 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies: · Die Amerikaanse mieliemark bly maar hoofsaaklik onder druk met die aanplantings wat goed vorder en die verwagting van goeie produksie vir die seisoen. · Die mark sal hierdie week die nuutste weeklikse etanol produksie dop hou. Die verwagtinge is dat die weeklikse etanol produksie hoër behoort te wees as die vorige week se produksie. · Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R11/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 482/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R14/ton laer verhandel om teen R2 615/ton te sluit. Sojabone: · Optimisme rakende die sterk Chinese sojaboon aankope ondersteun die internasionale sojaboonmark. · Die Amerikaanse sojaboon olie en sojaboon oliekoek pryse het ook ondersteuning gevind en het sterker verhandel. · Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R50/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 490/ton te sluit. Koring: · Die weerstoestande in die VSA is tans onseker en dit bied ondersteuning aan die Amerikaanse koringpryse. · In die Swartsee streek is die produksietoestande beter wat positief is vir die nuwe seisoen se produksieverwagtinge. Dit plaas die nuwe seisoen Swartsee pryse onder druk. · Die plaaslike koringmark het gister meestal gemeng verhandel vir die dag met die Mei kontrak wat onder druk gekom het terwyl die verder maand kontrakte ondersteuning gevind het. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R103/ton laer verhandel om teen R5 520/ton te sluit.
20 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes