Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?
Loading player...
Daar word probeer om sin te maak uit verskeie regerings se hantering van die Covid-19-pandemie. Hy sê ekonomieë in die suidelike deel van Afrika is in kritieke sorg en hoewel dié pandemie ‘n eksterne gesondheid skok is, het die vraag en aanbod betekenisvol verwring. Midde dié pandemie moet daar egter verder gekyk word na hoe ‘n herboude land daar moet uitsien. Daar kan nie gewag word dat dié pandemie uitspeel voordat die afgeleide ellendes aangepak word nie.
Indien dié waarheid van toepassing gemaak kan word op die hantering van die Covid-19 pandemie, dan kom dit voor asof regerings lei aan analitiese verlamming. Al hoe meer data met verbeterde integriteit is beskikbaar en dié data word verskillend interpreteer. Aanduidings toon dat besluitnemers hulle dalk so moeg gewerk het aan die analise van dié data dat hulle nie tot aksie kan oorgaan nie. In sekere opsigte word Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) riglyne gevolg, maar sonder om gehoor te gee aan ander lande wie dalk al verby die toetsfases is van die WGO se vertolking van die feite. Daar is geen aller antwoord nie – pragmatisme en vlugvoetige besluitneming is die antwoord.
Die vraag is waar laat dit Suid-Afrika. Hy meen soos data oor die pandemie gesondheidsorg aan die begin gereël en optrede dikteer het, is daar nou nuwe data beskikbaar oor die impak. Aanvanklik is daar groot geskrik oor die impak van die pandemie op die gesondheid van die bevolking en daar was goeie meriete vir die grendeltyd. Die hele land kon fokus op ‘n onmiddellike krisis. Die lewe het egter nie gaan stilstaan nie, en die ekonomie se wiele wat aanvanklik gerem is, het nou implikasies waarvan die negatiewe impak dié van wat voorsien is vir Covid-19, gaan oorskadu. Dit is hoe analises werk. Elke keer wat ‘n model toegepas word, werk dit beter omdat nuwe data ingevoer is. Waar die staat aanvanklik die statutêre vermoë gehad het om inperkings af te dwing, is dit duidelik dat dieselfde regering uit voeling is oor hoe om die samelewin