
Engen en Agri SA vat hande om landbougemeenskappe in droogtegeteisterde dele te ondersteun
Loading player...
Droogtetoestande in 'n groot deel van die land eis steeds sy tol op landbougemeenskappe. Dit is veral die westelike deel van die land wat steeds deur die voortslepende droogte geraak word. Andrea Campher, Agri Sa se ramprisko-bestuurder, sê juis daarom het Engen met Agri SA ooreengekom om deur produkverkope 'n bydrae te lewer tot dié organisasie se droogtehulpfonds. Die ooreenkoms sluit in dat vir elke liter olie wat deelnemende Engen-ondernemings oor die land heen verkoop sal R1 tot Agri SA se Droogtehulpfonds bygedra word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Campher gepraat...