
Safex Verslag - 19 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)
Loading player...
Mielies: · Die Amerikaanse mielie uitvoerinspeksies verslag wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou bekend gemaak was het aangedui dat die Amerikaanse uitvoere vir die week ongeveer 1.15 miljoen ton was. · Die weeklikse uitvoere was ongeveer 18% laer as die vorige week se uitvoere, maar reg in die middel van die weeklikse handelsverwagtinge. · Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R1/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 495/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R1/ton hoër verhandel om teen R2 630/ton te sluit. Sojabone: · Die Amerikaanse sojaboon uitvoerinspeksies vir die week was ongeveer 351 000 ton wat 34% laer as die vorige week se uitvoere was. · Die Amerikaanse weeklikse uitvoere was redelik in lyn met die weeklikse handelsverwagtinge gewees terwyl die jaar tot datum uitvoere hoër is as die vorige seisoen se jaar tot datum uitvoere. · Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R42/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 580/ton te sluit. Koring: · Die Amerikaanse koring uitvoerinspeksies vir die week was ongeveer 440 000 ton gewees wat 28% meer was as die vorige week se uitvoere. · Die weeklikse uitvoerinspeksies was redelik in lyn met die weeklikse handelsverwagtinge terwyl die jaar tot datum uitvoere meer is as die vorige seisoen se jaar tot datum uitvoere. · Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R38/ton laer verhandel om teen R5 640/ton te sluit.