
Die regering slaan nie ag op rampdroogte in die Noord-Kaap nie
Loading player...
Die landboubedryf in die droogtegeteisterde Noord-Kaap is steeds grootliks afhanklik van droogtehulp in die vorm van skenkings deur weldoeners, organisasies, banke en maatskappye. Dit is daarom moeilik om te aanvaar dat die regering 'n koue skouer gee vir hulp nadat hy self 'n nasionale rampverklaring weens die droogtetoestande aangekondig het. Dit is volgens Agri Noord-Kaap se president Nicol Jansen, wat sê die regering gee geen uiting aan die rampbestuurswetgewing ten opsigte van rampdroogte nie, en boere lei daaronder. Hy sê daarmee saam verleen die regering Covid-19-hulp ter waarde van R1,2 miljard aan kleinboere en kommunuale boere, terwyl alle boere geldelik in weens die uitwerking van die voortslepende droogte, in die knyp is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jansen gepraat...